top of page
Teacher Writing a Formula on a Blackboar
Wat sê die onderwysers?

Wat sê die onderwysers?

Play Video
1200px-CMAP_-_Centre_de_Mathématiques_A
ELEARNING KLUB JACO KLEUR.png
E-Learning Klub

MATHmechanic, in samewerking met MYtv, bied ‘n “e-Learning” aanlyn-geleentheid aan, aan ouers en leerders regoor die wêreld.

Hiermee poog ons om duisende mense van raad te voorsien, en advies te gee oor die vak “Wiskunde”.

MATHmechanic en MYtv se “e-Learning KLUB” sal enige ouer se sak pas. Ons bied wiskunde op ‘n sosiale, maklike en verstaanbare manier aan sodat jou kind vinnig en maklik sy of haar Wiskunde onder die knie kan kry!

ELEARNING KLUB JACO KLEUR.png
ELEARNING KLUB JACO KLEUR.png
ELEARNING KLUB JACO KLEUR.png
ELEARNING KLUB JACO KLEUR.png
ELEARNING KLUB JACO KLEUR.png
Meer oor Gerrie Schoeman

Twee fases van Gerrie se lewe het ‘n baie groot indruk op hom gemaak – maar die impak hiervan het eers baie jare later gekom: Sy Wetenskap onderwyser in (die destydse) Standerd 5 het hom aangemoedig om dinge te bevraagteken, navorsing te doen en nie bang te wees om te dink nie.  Hy sê hy kan onthou hoe hulle pouses in die klas saam beplan en ontwerp het aan vuurpyle om na die maan toe te kan gaan. Gerrie wil graag ook hier vir Mnr. Herman Henderson baie dankie sê!

Die ander belangrike punt wat uitstaan is toe hy in Standerd 8 vir die eerste keer met rekenaars te doen gekry het en dit hom nie lank gevat het om te begin dink oor die moontlikheid om skool só op die rekenaar te kan hê nie.

Sy lewe het egter eers ander draaie gemaak: Universiteit toe om Elektroniese Ingenieurs-wese te studeer, toe Unisa toe vir BSc Wiskunde, en uiteindelik het hy in Durban gewerk as Telkom se Projekbestuurder vir MTN se destydse “roll out” planne.

Sy liefde vir Wiskunde het egter gemaak dat hy begin het om ekstra klasse te gee in die aande. “My tarief was R30 per week en dan het ek boonop na die kinders se huise toe gery, om hulle daar by hul eetkamertafels te help!”

In 1999 het hy ‘n eksperiment gedoen deur homself op VHS video op te neem terwyl hy klas gee, en dit vir sy studente gegee as voorbereiding vir hulle eksamens daardie jaar.

Die terugvoer van die studente op hulle eie vrae was só positief dat hy geweet het hy het iets hier raakgeboor - iets anders as William Smith se benadering op TV.

Oor die volgende twintig jaar het hy hierdie plan baie verfyn, te danke aan die vinnige groei van die internet en gepaardgaande tegnologie, terwyl die wêreld en die kurrikulum onstuimige veranderings ondergaan het.

In 2020, toe die Covid-19 pandemie die wêreld tref, en die gebruikersmark besef het hoe voordelig aanlyn-tegnologie kan wees, het Gerrie se plan van destyds in Standerd 8 vol-sirkel gekom.

Met al die vaardighede wat hy verfyn het oor die jare, en al die tegnologie wat bygekom het, het hy en MYtv saamgespan om die MYtv e-Learning Klub te stig, nie net om Wiskunde  vir skoolkinders oor die algemeen makliker te maak deur hulle enige tyd van video-verduidelikings te voorsien (van die vrae waarmee hulle sukkel) nie, maar veral om hulle ‘n platform te gee waarop hulle hul eie vrae kan vra

Picture 3.png
Picture 2.png
Picture 6.png
Picture 7.png
Picture 4.png
Picture 5.png
Picture%201_edited.jpg
bottom of page